Filter by Listing Categories

The Stage Coach bied aan Liewe Heksie vang vis!

liewe heksie

    Event Information

    The Stage Coach bied aan Liewe Heksie vang vis!

    β€œπ‹π’πžπ°πž π‡πžπ€π¬π’πž π•πšπ§π  𝐕𝐒𝐬” 𝐦𝐞𝐭 𝐌𝐚𝐫𝐠𝐒𝐭 𝐌𝐞𝐲𝐞𝐫-π‘ΓΆππžπ§π›πžπœπ€
    Hierdie splinternuwe Heksie-produksie is pas genomineer vir ’n KKNK-toekenning vir beste kinderteater.
    Ons almal se geliefde Liewe Heksie is terug! Hierdie keer gebruik sy haar besem as ’n visstok, maar dit sukkel maar om ’n vis te vang.
    Wanneer sy dit regkry, is sy dolgelukkig! Β β€œHaai oe, dis vir my so lekker as ek β€˜n vis vang!”
    Maar waarom raak Koning Rosekrans se forelle minder? Is Levinia die skuldige, of is die nare Geelheks ook weer in die prentjie?
    Heksie het dringend julle hulp nodig!
    Verna Vels se immergroen verhale kry nuwe lewe met gehoordeelname en aksiebelaaide tonele.
    Margit Meyer-Rodenbeck skitter as Liewe Heksie, en Deon van Zyl vertolk die rolle van Karel Kat , die Geelheks, en Koning Rosekrans .
    In 2022 het dieselfde span die ABSA KKNK Kanna-toekenning ontvang en in 2023 was hulle benoem vir ’n Fleur du Cap-toekenning.
    Die tydlose Liewe Heksie bly perfekte vermaak vir die hele gesin.
    Kom vroeg vir ‘n lekker ontbyt op ons dek!
    Kaartjies: R140 per persoon.
    Kry jou kaartjies hier: https://qkt.io/lieweheksie
    Navrae: +27446911995

    Event Date & Time

    Location

    Event Organiser

    Please note: For more information regarding this event, please contact the organiser of the event.

    Find us on Google Maps