Rusbank Kuiers Deel van Musefees!
Drie stories, Een Rusbank, Kom kuier by die Musefees!
Drie interessante gaste, drie unieke gesprekke en hope stories.
Marika Du Toit-van Heerden gesels met Wilna Roux
Hoor meer oor die spanningsvolle Bolandse hofdrama waarin Julia Blomerus onverwags ’n groot hofsaak moet behartig terwyl sy vermoed dat die aangeklaagde skuldig is aan moord
Albé Grobbelaar se historiese skyfievertoning reis terug in tyd met fassinerende verhale, unieke foto’s en insigte uit die Historiese Almanak.
Die aanbieding word gevolg deur ’n geleentheid vir vrae.
Jaco Spies gesels met Ilne Fourie. Ilne vertel van haar kreatiewe reis as skrywer, akteur en radioverteller, die stories agter haar werk en haar liefde vir die Afrikaanse kunste.
Vir meer inligting:Laurinda Smit: 082 738 8011 Surien: 084 250 9820
Besoek www.musefees.co.za om die volledige Musefees-program te besigtig.
Kom trek ’n stoel nader en geniet ’n oggend van geskiedenis, boeke, kuns en lekker Afrikaanse geselskap!
Baie dankie aan ons borge Wesgro, Miltons Matsemela Oosthuizen Inc, ATKV-Hartenbos, ATKV, Mossel Bay Tourism , Afri Hardware Grootbrak, Great Brak River Youth Cafe en Ilita Lodge – Accommodation, Events and Conferencing dat julle dit moontlik maak!
