Magda Louw: ’n Les in Kletterkunde
Die geliefde karakter Magda Louw bring haar unieke kyk op die wêreld van woorde na Mosselbaai! In hierdie vertoning – geïnspireer deur die gewilde kykNET-reeks – neem sy die gehoor op ’n reis deur die snaakse, soms hartseer, en altyd eerlike wêreld van idiome, uitdrukkings en daaglikse gesegdes.
Dis nie ’n les in letterkunde nie… dis ’n les in kletterkunde!
’n Skaterlag-show met dieper betekenis – vol taal, humor en insig wat jou sal laat lag én dink. Besprekings: https://qkt.io/VfYyuT
Navrae: +27 44 691 1995
Kom vroeg, kuier op ons dek met ’n glasie wyn en geniet ’n heerlike ete
van ons spyskaart voor die vertoning begin.