Hartenbos GrootFees, Suid-Afrika se grootste somerfees, keer terug na die ATKV-Hartenbos Amfiteater. Op 29 Desember 2026 kan feesgangers uitsien na Alternatief is Groot.
GString, ONS, JACOBUS, Droomsindroom, Francois van Coke, Die Heuwels Fantasties en Spoegwolf is gereed om feesgangers te bederf.
