Verkleur Vroutjie
Wat gaan ons vanaand kyk? Opera, skouspel, komedie of drama? Hoekom nie sommer iets van alles nie!
In Verkleurvroutjie bring Ilne Fourie sewe genres, talle bekende treffers en hope humor saam in een kleurvolle eenvrouvertoning.
Van Pavarotti tot hokkie bokkie sokkie treffers, en van Rina Hugo tot Patricia Lewis, hier is iets waarvan almal sal hou.
Een kaartjie gee jou toegang tot Harte-bliksems én Verkleurvroutjie.
