Roadtrip met Elizabé Zietsman
Ná ’n mislukte selfdoodpoging en drie weke in ’n psigiatriese kliniek, pak Helena haar
karretjie met een tas klere en bokse vol familie-items wat sy haar lewe lank
bymekaarmaak – van ’n lappieskombers tot ’n alsiende glasoog. Met niks om te
verloor nie, begin haar tragikomiese reis deur die land om haar versameling uit te deel
en finaal van mense afskeid te neem. Gewapen met humor, ignoreer sy die wanhoop
en leef sy vreesloos, vry en, op die oog af, sorgeloos. Routrip is gebaseer op ’n ware
verhaal.