Filter by Listing Categories
EAT
Coffee Shops
High Tea
New Category
Restaurants
Wheelchair friendly (eat)
EXPERIENCE
Activities
Cycling
Golf
Hiking
Ocean Adventures
Photography
Train Rides
Adrenaline
Animal Encounters
Archaeology
Art & Galleries
Beaches
Bird Watching
Cigar Tasting
Conferences Venues
Family Fun & Entertainment
Game Drives
Gin Tastings
Guided Tours
Horse riding
Law firms
Local Businesses
Museums
Other
Pet friendly (experience)
Rainy Days
Real Estate Agents
Shopping
Spa & Beauty
Tour Guides
Tour Operators
Transport
Weddings Venues
Wheelchair friendly (experience)
Wine tastings
Route 12
Animal Route
Tasting Route
Whale Route
STAY
Bed & Breakfast
Boutique Hotel
Camping
Game Farms (Stay)
Guesthouses
Hotels & Resorts
Pet friendly (stay)
Self-Catering
Wheelchair friendly (stay)

Joshua Na Die Reën

Event Information

Joshua Na Die Reën

Jacques De Villiers, die skrywer en sanger beter bekend as JNDR, het in 2013 sy eerste album vrygestel wat twee Ghoema-toekennings, ‘n Tempo-toekenning, asook ‘n Woordfees-toekenning verower het. Hierdie toekennings was onder andere vir ‘Beste Kontemporêre Album deur ‘n Manlike Kunstenaar’ en ‘Nuweling van die Jaar’.
Alhoewel hy nie musiek maak vir ‘n spesifieke gehoor nie, maar eerder omdat musiek vir hom ‘n manier is om die lewe te beleef en te beskryf, was hierdie toekennings ‘n sweeftuig wat sy werk aan ‘n groter gehoor bekend gestel het en wat nou al tien jaar lank en vier Albums later sy loopbaan ondersteun. Hy is dankbaar vir die lojale volgellinge van sy musiek.
Sy tweede album, ‘Die Wereld binne my’, het ook twee Ghoemas behaal asook ‘n SAMA-toekenning. ‘Die wereld binne my’ is aangewys as die ‘Liedjie van die Jaar’ by die Ghoema-toekennings. Daarna stel hy ‘Someraarde’ vry in 2019, en verlede jaar sy nuutste album, ‘Die Vallei’, wat ook ‘n Aitsa-toekenning gewen het en genomineer was vir ‘n SAMA.
Hy het sy graad in Jazz Klavier voltooi by die Tshwane Universiteit van Tegnologie, en stel ook in sy ‘Live’ shows soms ‘n paar jazz-werke ten toon.
Hierdie jaar begin hy ‘n nuwe projek wat ‘n hele nuwe styl aan sy musiek vlerke gee – ‘n alternatiewe rock band, met die naam ‘JNDR Seuns van Vlug’.
Gaan volg hierdie nuwe projek solank op Instagram. Die eerste musiek word Maart 2025 vrygestel.

Event Date & Time

Location

Event Organiser

Please note: For more information regarding this event, please contact the organiser of the event.

Find us on Google Maps