Petronel Baard bied al vir etlike jare “Sunset Soirèè’s” aan by die gewilde kuier- en eetplek, Salty River Beerhouse in Kleinbrak by die Kipheuwel Padstal.
Op 20ste September 2025 bring sy van haar allermooiste toonsettings om in die Skemeruur met gehore te deel.
Baard dig met musiek soos skrywers dig met woorde met haar unieke toonsettings wat al beskryf is in Media 24 as “die mooiste ooit in Afrikaans’.
Sy bring daarmee ode aan die woordkuns van skrywers soos Boerneef, Antjie Krog, Lidi de Waal, Hannes Visser, Riana Scheepers, Louisa Punt-Fouche en meer.
Vervleg met vrolike stories vanaf haar lewenspad en aangebied in die arms van die kronkelende Kleinbrakrivier in die verte, wat stil die aandlug besing saam met die klanke van die Lang Vrou, beloof om dié geleentheid om te betower met eg Suidkaapse sjarme.
Kom geniet ‘n stille uurtjie.
Heerlike pizza te koop en kroeg fasiliteite is beskikbaar.
Kaartjies is slegs R100 p.p. en die tyd is 18:00.
Besprekings by Chris by 082 713 5082.
