Filter by Listing Categories

Ontwaak die Muse in Jou met Isabella Niehaus

isabella niehaus 25 sept 26 muse fees 26

    Event Information

    Bella’s Kitchen is veel meer as net ’n kookboek. Dit is ’n liefdesbrief aan die mense wat ’n belangrike rol in Isabella Niehaus se lewe gespeel het, maar ook ’n viering van haar eie besondere lewensreis.

    Van haar kinderdae in die Vrystaat en haar glansryke loopbaan as moderedakteur wat die wêreld deur gereis het, tot liefdevolle ma, suksesvolle restaurateur en bekroonde skrywer. Elke hoofstuk vertel ’n deel van haar verhaal deur kos, herinneringe en resepte wat na aan haar hart lê.

    Die resepte, waaronder ook ’n paar gunstelinge van haar kosvriende, is geskik vir elke geleentheid. Dit is heerlik, avontuurlustig, instinktief en uniek, net soos Isabella self.

    Kom ontmoet hierdie geliefde sjef, entrepreneur, kookboekskrywer en stilis tydens ’n besondere Musefees geleentheid by Charcoal & Charm.

    Event Date & Time

    Location

    Event Organiser

    Please note: For more information regarding this event, please contact the organiser of the event.

    Find us on Google Maps